Fedora-werkstasie.

Dit is die Linux-werkstasie waarvoor elkeen gewag het.
Laai nou af

Geskep vir ontwikkelaars.

Fedora-werkstasie is ’n betroubare, gebruikersvriendelike en kragtige bedryfstelsel vir skootrekenaars en lessenaarrekenaars. Dit ondersteun ’n wye verskeidenheid ontwikkelingswerk, vanaf stokperdjies en studies tot professionele korporatiewe werk.

Elegante gebruikerskoppelvlak.

Fokus op jou kode in die GNOME 3-werkskermomgewing. GNOME is gebou met ontwikkelaarterugvoer en verminder afleidings, sodat mens kan konsentreer op wat belangrik is.

Volledige oopbron-gereedskapskas

Vergeet van die moeite om die nodige gereedskap te kry en te bou. Met Fedora se volledige stel oopbrontale, -gereedskap en -nutsprogramme, is alles binne bereik met ’n klik of ’n opdraglyn. Daar is selfs huisvesting en bergplekke soos COPR om kode en geboude weergawes vinnig aan die gemeenskap beskikbaar te stel.

Virtualisering.

Kry virtuele masjiene vinnig op en aan die gang met GNOME Boxes om kode op verskeie platforms te toets. Of grawe jou in in kragtige virtualiseringgereedskap (selfs in skrippies) vir selfs nog meer beheer.

Containerize. Hack. Deploy.

Plaas u eie toepassings in houers of ontplooi toepassings in houers uit die staanspoor met ingeboude ondersteuning vir beeldlêers van die Open Container Initiative (OCI).