Fedora Server.

Loop toepassings direk op hardeware of in die wolk met ’n Linux-bedienerbedryfstelsel met die jongste oopbrontegnologie.
Laai nou af

Aan die voorpunt

Fedora-bediener is ’n bedryfstelsel vir bedieners met ’n kort lewensiklus en gemeenskapsondersteuning wat gesoute stelseladministrateurs, met ervaring in enige bedryfstelsel, help om van die jongste beskikbare tegnologie in die oopbrongemeenskap gebruik te maak.

Modulariteit

Kies die regte weergawe van ’n toepassing of programmeerplatform wat nodig is, en behou dit selfs wanneer die bedryfstelsel na ’n nuwer weergawe opgradeer.

Learn More.

Maklike administrasie

Bestuur die stelsel maklik met Cockpit se kragtige, moderne koppelvlak. Bekyk en monitor die stelsel se werkverrigting en status, en ontplooi en bestuur houergebaseerde dienste.

Learn More.

Onderneming-domein

Neem jou Linux-netwerk na die volgende vlak met identiteitsbestuur, DNS, sertifikaatdienste, en Windows™-domeinintegrasie regdeur die omgewing met FreeIPA, die oopbron-domeinbestuurder.

Learn More.